Openbaring

Afrikaanse Christelike Kerk
ONS NUWE BOEK OOR OPENBARING IS BESKIKBAAR.

Druk op die volgende skakel om die boek elektronies (IN PDF FORMAAT) te bestel:
 KOOP AANLYN INLEIDENDE VIDEO'S

Afrikaanse Christelike Kerk

Die Coronapandemie heers vandag. Die vertroosting het reeds 2000 jaar gelede gekom: Apokalips oor Jesus.

Apokalips oor Jesus
(Gesprekke van bemoediging oor Openbaring)

Annelize Endres (PhD) en Henk Grobler (DD)


Apokalips oor Jesus is ‘n boek vol hoop en betekenis in ‘n stukkende wȇreld van onsekerheid, angs en pyn. Dit doen die naam Apokalips gestand. Dit lig die sluier om Jesus raak te sien ten spyte van hartseer, angs en bangmaakstories van diegene wat Openbaring wil verklaar as die rampspoedige einde van alles. Want dit is juis die teenoorgestelde:

Dit is die begin van alles, die begin van ‘n wonderwȇreld wat voor ons oë gaan afspeel. En dit bemoedig die gelowiges om hulle geloof te behou sodat hulle al die wonderlikhede wat wag kan ervaar. Kom ervaar saam met Henk en Annelize die vertroosting van Johannes aan ‘n stukkende wȇreld vanaf sy eerste lesers regdeur die eeue tot in 2020, die jaar van die globale Corona-pandemie en die tyd na 2020 totdat die Here Jesus kom.

Albei die skrywers het hulle doktorsgrade in Teologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en staan tans in die bediening.

LEES MEER INLEIDENDE VIDEO'S KOOP AANLYN

INLEIDENDE VIDEO'S

Afrikaanse Christelike Kerk